Read&Write now offers comprehensive support in Afrikaans

Texthelp is happy to announce that Read&Write for Google Chrome now provides comprehensive literacy support in Afrikaans, one of the most widely-spoken of South Africa’s 11 official languages.


Translation into Afrikaans has long been an option. But the addition of a new Afrikaans voice means you can now dictate, translate and listen to text being read aloud in Afrikaans. 


Check out this short video to see how easy it is to access this new voice.

To start using Read&Write for Google Chrome with Afrikaans text, you can switch over your speech settings with the following quick steps:

1. Open the Read&Write for Google Chrome toolbar in Google Docs or on the web

2. Click the 3 dots on the far right of the toolbar, then the Settings gear

3. Under the Speech tab, change your voice to ‘Afrikaans Female’

Now you’ll be able to use Select to Speak (Play), Click to speak or Hover Speak to listen to any Afrikaans text read aloud. Or even use Audio Maker to to turn any Afrikaans text into a downloadable MP3 to listen to while on the go.

Check out this support article for step by step instructions on how to access the Afrikaans voice.

Supporting Afrikaans and bilingual education

This latest update will offer a great support to the huge number of bilingual schools in South Africa, who provide instruction in both Afrikaans and English, as well as support Afrikaans speakers in Namibia, Botswana, Zambia and Zimbabwe, and even as far as Australia, Canada, the U.K and the U.S 

Bilingual schools can now provide more robust support in both English and Afrikaans, helping students excel in both languages. The text-to-speech feature allows students to listen to Afrikaans text read aloud, enhancing comprehension and fluency. Meanwhile, translation supports comprehension between languages and dictation tools provide essential support for writing and speaking tasks, enabling students to articulate their thoughts clearly.

This latest update has been met with much excitement in South Africa.

Texthelp's Read&Write Chrome extension, with its Afrikaans feature, will be a powerful tool that will open new doors to Afrikaans learners, enabling them to overcome reading barriers and excel in their studies in Afrikaans schools, where English was their only option previously.

Karien Joubert, former Primary School teacher, now Chrome in Education Evangelist, Cloud Education Solutions, a Texthelp and Google partner.

Supporting diverse learning needs

Read&Write’s new Afrikaans voice support is not just about language—it’s about accessibility and inclusion. By providing these tools, we’re helping students with diverse learning needs, including those with dyslexia or other learning differences, to engage more fully in their education.


Empowering educators and students

For educators, this addition means more inclusive classrooms where all students can participate and succeed. Whether in language arts, science, or history, Afrikaans-speaking students now have the tools they need to access and understand content in their native language. This not only boosts their academic performance but also their confidence and independence.


“Texthelp's Read&Write Chrome extension, with its new Afrikaans feature, is a revolution for my Afrikaans learners, empowering them to independently access and comprehend written text, boosting their confidence and academic performance.” (Chanelle Smit, Gr.3 (9 year) Teacher at Laerskool Eikestad)

With the new Afrikaans voice support in Read&Write for Google Chrome, we’re equipping students and educators with powerful tools for success. We’re excited to see the positive impact this will have in bilingual schools across South Africa. Together, we can create an inclusive learning environment where every student has the opportunity to thrive.

To learn more about Read&Write and how it can support your school, visit Texthelp’s website and discover the full range of tools available. Let's continue to break down language barriers and make education accessible for all.

Read&Write bied nou omvattende ondersteuning in Afrikaans

Carrie-Ann Gibson, Internasionale Opvoedingsbestuurder, 9 Augustus 2024

Tekshelp is opgewonde om aan te kondig dat Read&Write for Google Chrome nou ook omvattende ondersteuning vir geletterdheid in Afrikaans, wat een van die mees gesproke tale van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale is, bied.

Die vertaling van tekste na Afrikaans is reeds ‘n geruime tyd ‘n opsie. Nou is daar egter ook ‘n nuwe toevoeging. Tekste kan nou voorgelees word, vertaal word en na geluister word in ‘n Afrikaanse stem.

Jy kan jou spraakinstellings na Afrikaans verander deur die drie maklike stappe te volg:

  1. Maak die Read&Write vir Google Chrome-nutsbalk in Google Docs of op die web oop. 
  2. Kliek op die 3 kolletjies heel regs van die nutsbalk en kliek dan op die verstellingsrat-ikoon (Settings cog).
  3. Verander nou die stem na “Äfrikaans Female” onder die spraak-oortjie.

Jy sal nou die volgende 3 opsies hê om na enige Afrikaanse teks te luister: Select to Speak (speelknoppie), Click to speak of Hover Speak. Audio Maker kan ook gebruik word om enige Afrikaanse teks in 'n aflaaibare MP3 te verander sodat jy ook na die teks kan luister wanneer jy nie aanlyn is nie.

Loer gerus na hierdie ondersteuningsartikel waarin die instruksies stap-vir-stap verduidelik hoe om toegang tot die Afrikaanse stem te verkry.

Die ondersteuning van Afrikaanse sowel as tweetalige opvoeding in skole 

Hierdie jongste toevoeging in die toepassing sal beslis ‘n ongelooflike aanwins vir ‘n groot aantal tweetalige skole in Suid-Afrika wees waar daar in Afrikaans en Engels opdragte gegee word.  Dit sal ook tot hulp wees vir Afrikaanssprekende mense in Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe, en selfs tot so ver as Australië, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die VSA. 


Tweetalige skole kan nou sterker ondersteuning in Afrikaans en Engels bied wat leerders in staat stel om in albei tale te floreer. Die teks-na-spraakfunksie laat leerders toe om Afrikaanse leesstukke met die oë te volg en te luister terwyl dit voorgelees word, wat dan leesbegrip asook leesvlotheid verbeter. 

Intussen help die vertaling van tekste leerders ook om hul gedagtes duidelik te verbaliseer en neer te pen deur gebruik te maak van die hulpmiddels om tussen tale te spring en steeds te verstaan wat hul skryf en hoe hul dit mondelings oordra.

Hierdie jongste toevoeging word met groot opwinding in Suid-Afrika ontvang:

Read&Write vir Google Chrome, met sy Afrikaanse opsie, sal ’n kragtige hulpmiddel wees wat nuwe deure vir Afrikaanse leerders sal oopmaak, hulle in staat sal stel om leeshindernisse te oorkom en uit te blink in hul studies in Afrikaanse skole, waar Engels voorheen hul enigste opsie was.”

Karien Joubert, voormalige Laerskool-onderwyseres, nou Chrome in Education Evangelist by CloudEDU - 'n Texthelp- en Google-vennoot.

Ondersteuning van uiteenlopende leerbehoeftes

Read&Write se nuwe Afrikaanse stemondersteuning gaan oor meer as net taalgebruik; dit handel oor die toeganklikheid van inligting en inklusiwiteit. Deur hierdie hulpmiddels te voorsien, help ons leerders met diverse leerbehoeftes en sluit ons die leerders in wat sukkel met disleksie of enige ander leerbehoeftes om ook te kan deelneem in die klaskamer.


Bemagtiging van opvoeders en leerders

Hierdie toevoeging beteken dat opvoeders alle leerders kan insluit en suksesvol laat deelneem. Verskillende vakke kan baat by hierdie toepassing. Afrikaanssprekende leerders het nou die hulpmiddel om in die kunste, tale, wetenskappe of geskiedenis toegang te verkry tot inligting in hul moedertaal. Dit sal beslis hul akademiese prestasie, selfvertroue en onafhanklikheid bevorder. 


“Read&Write for Google Chrome, met sy nuwe Afrikaanse opsie, is revolusionêr vir my Afrikaanse leerders. Dit bemagtig hulle om onafhanklik toegang tot geskrewe teks te verkry en te verstaan,  en dit gee hul selfvertroue en akademiese prestasie ’n hupstoot.” (Chanelle Smit, Gr.3-Onderwyseres by Laerskool Eikestad)

Read&Write vir Google Chrome se nuwe Afrikaanse stemondersteuning rus ons opvoeders en leerders toe met kragtige hulpmiddels om sukses te kan behaal. Ons is opgewonde om te sien wat die positiewe effek op tweetalige skole regoor Suid-Afrika sal wees.

Saam kan ons 'n inklusiewe leeromgewing skep waar elke student die geleentheid het om te floreer.


Om meer te wete te kom oor Read&Write en hoe dit jou skool se leerders kan ondersteun, besoek Texthelp se webwerf en vind uit oor die volledige beskikbare reeks hulpmiddels. Kom ons breek die taalhindernisse af en maak onderrig vir almal toeganklik.